Desimale breuke

Desimale breuke is 'n breuk wat as 'n desimaal geskryf word.

Byvoorbeeld:

 110 =   0,1

Dit kan ook verder as volg verduidelik word

D H T E
3 7 6 2

In 'n getal soos 3 762 weet ons

  • die 2 is 2 ene
  • die 6 is 6 tiene
  • die 7 is 7 honderde en
  • die 3 is 3 duisende.

Elke plekwaarde is dus tien keer groter as die plekwaarde net regs daarvan. Met die desimale skryfwyse dui ons breuke op 'n soortgelyke manier aan. Hier maak ons egter van 'n komma as desimaalteken gebruik om die breuk van die heles te skei. Getalle links van die komma is heles, terwyl getalle regs van die komma breuke is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search